Event Details


Bid vir Mukul, FEBA se omroeper wat in Indië onder Moslems werk. Hy en ander gelowiges verduur baie teenstand vir hulle geloof, maar tog het mense die evangelie nodig. Bid dat God vir Mukul, sy kollegas en FEBA-luisteraars geloof en vrymoedigheid sal gee om die evangelie te verkondig, en dat Hy mense se harte daarop sal voorberei.