Event Details


Suidoos-Asië het die afgelope twee maande verwoestende vloede deurgemaak. In dele van Thailand, Viëtnam, Indonesië, Mianmar en die Filippyne het baie mense hul wonings, en sommige hul geliefdes, verloor. Bid dat FEBA se uitsendings hulle sal wys dat God naby aan die gebrokenes is en hulle sal aanspoor om hul vertroue in Hom te plaas.