FEBA Radio SA ondersteun 12 radiostasies in ses Afrikalande, onder meer vier in die Sahel-streek, waar die Moslem-noorde die Christen-suide ontmoet. Al hierdie lande sukkel met armoede, sommige met hongersnood, en meeste met politieke onstabiliteit en gewelddadige konflik. Bid vir dr Jurie Vermeulen, die nasionale direkteur, wat FEBA se sending in Afrika lei. Bid vir die spanne in Mosambiek, Malawi, Mali, Tsjad, Niger en Soedan. Vra dat hulle God se koninkryk en geregtigheid eers sal soek, en beloning vir hul werk sal sien.