Living Hope Radio (FEBA Soedan) deel die evangelie in ’n moeilik toeganklike gebied, waar konflik gedurig lewens eis. Die afgelope ses maande het sy uitsendings reeds ’n positiewe impak op luisteraars se lewens gehad deur gelowiges te bemoedig en nie-gelowiges na Christus te lei. Dank God vir Sy voorsiening en vra vir Sy beskerming oor die stasie en personeel.