‘n FEBA-omroeper in Soedan sê: “Ek het gesien dat mense in Soedan honger is vir God se Woord, vir vrede en vir hoop. Selfs met beperkte toegang tot radio’s volg dié wat wel kan luister die programme getrou, en party neem hulle selfs op om later te luister.” Bid dat hulle gevul sal word met al die volheid van God.