FEBA se personeel en luisteraars in Malawi gaan gebuk onder hoë inflasie en voedseltekorte. Bid dat God in al hul behoeftes sal voorsien, sodat die bediening ongehinderd kan voortgaan, en dat Sy voorsiening nie-gelowiges sal aanspoor om hul harte vir die evangelie oop te maak.