Event Details


Svitlana, ‘n luisteraar in Oekraïne, het onlangs die betekenis van “Immanuel” – God met ons – ervaar terwyl sy reggemaak het vir werk. “Een van julle video’s het [op Instagram] verskyn en ek het besluit om te luister… Ek kan dit nie eintlik verduidelik nie, maar ek het meteens gevoel asof ek deur liefde omhul is – asof God self net daar by my is. Ek is nie godsdienstig nie, maar wat ek gehoor het, het my diep geraak. Kan God so werklik wees?” Bid dat luisteraars soos Svitlana hul geloof in Jesus sal plaas, en bid vir vrede in Oekraïne.