FEBA saai al vanaf 1948 na Pakistan uit en die plaaslike kantoor is in 1974 oopgemaak. Vandag deel FEBA Pakistan die Goeie Nuus met luisteraars op ’n geestelike en praktiese wyse, en opvolgwerkers spandeer ure om luisteraars se vrae te antwoord. Ondanks die weerstand en vyandigheid wat Christene verduur, is daar gesinne wat in die geheel Christus leer ken deur FEBA se uitsendings. Bid vir Direkteur Shahzad en sy span soos hulle aanhou nuwe maniere vind om die evangelie met luisteraars in Pakistan te deel.