Vandag is Wêreld Biddag en vanjaar se tema, wat deur die vroue van Nigerië gekies is, is: “Kom, Ek sal jou rus gee.” Gebed was nog altyd aan die kern van FEBA se bediening en God se rus is broodnodig oral in die wêreld. Bid vir God se guns oor almal wat vandag in Jesus se naam bid.