Event Details


FEBA Soedan is ’n jong radiostasie met groot uitdagings. Hoewel baie mense bly is oor die nuwe stasie, is daar ook erge teenstand vanaf plaaslike afgodaanbidders wat die span wil saboteer. Ten spyte hiervan werk God reeds kragtig deur FEBA Soedan se uitsendings en FEBA Radio SA kon onlangs ’n besending radio’s stuur om in die omliggende dorpies versprei te word. Bid vir God se beskerming oor die personeel van FEBA Soedan se harte en denke, sowel as oor die stasie se infrastruktuur. Vra dat die nuwe besending radio’s sal help om Sy koninkryk in Soedan uit te brei.