RACE FM (FEBA Tsjad) gaan aan sonder sy leier, Ayata, terwyl hy in Soedan is. Bid dat bedrywighede in sy afwesigheid vlot sal verloop, en dat die personeel ywerig sal voortgaan met hul taak om die evangelie met luisteraars in N’Djamena en omgewing te deel. Vra dat God guns sal betoon aan FEBA Tsjad se span en luisteraars.