Event Details


In Afrika beoefen Moslems dikwels ‘n mengsel van Islam en tradisionele godsdiens. Sogenaamde geestelike leiers en mense wat toorkuns beoefen, gebruik vrees om ander te beheer. Bid dat FEBA se uitsendings in Mosambiek, Malawi en die Sahel-streek hierdie vestings deur middel van die evangelie sal afbreek en luisteraars bekend sal stel aan die Waarheid wat hulle kan vrymaak.