Event Details


Kortgolfradio was van die begin af ’n kerndeel van FEBC en FEBA se bediening. Hoewel dit duur is om te onderhou, het kortgolfstasies ’n reusagtige reikwydte en kortgolfseine is moeilik om te keer. FEBC se twee kortgolfstasies in Manila saai 24 uur per dag uit, in 42 tale. Die spanne ontvang terugvoer uit die berge van China en Kambodja en Thailand, lande soos Laos en Viëtnam – selfs lande in Europa! Bid vir God se voorsiening om FEBC se kortgolfstasies op die lug te hou, sodat selfs die mins-bereikbare mense die evangelie kan ontvang.