FEBC Radio Liangyou saai al vanaf 1949 die evangelie uit na China – aanvanklik deur kortgolf, en nou ook aanlyn. Spanne in Kanada, die VSA, Taiwan en Hongkong vervaardig die programme wat hoop wil bring in ’n moeilike politieke en ekonomiese klimaat, en wat gesinne wil help om hul verhoudings met behulp van Bybelse beginsels te versterk. Bid vir die FEBC Chinese Bedieningspanne, wat uitdagings in hul eie lande ondervind, en vra dat elke program die evangelievuur in luisteraars se harte sal aanwakker.