Die Bybel kan moeilik wees om te verstaan vir iemand uit ’n Boeddhistiese agtergrond. FEBC Thailand streef daarna om diesulkes tegemoet te kom deur aanlyn-Bybelopleiding in ’n eenvoudige formaat wat vir gelowiges met ’n Boeddhistiese agtergrond ontwerp is. Studente van alle ouderdomme en lewensweë (selfs gevangenes) leer hoe om die Bybel oor basiese temas, soos verlossing en die Drie-eenheid, te raadpleeg. Bid dat studente van FEBC Thailand se Bybel-korrespondensiekursus God se Woord as lewend en kragtig in hul lewens sal leer ken.