Bid vir luisteraars soos Artem, wat FEBC Rusland gekontak het nadat hy sy vrou weens depressie verlaat het. Na verskeie gesprekke het hy begin Bybel lees, kerk bygewoon en met sy vrou versoen. Hy sê: “Daar is nog baie wat ek nie verstaan nie, maar ek voel reeds beter. Julle weet nie wat dit beteken om te weet daar is iemand wat jou wil help en vir jou bid nie.”