Bid vir Mukul, wat onder Moslems in Indië bedien. Islam is die tweede grootste godsdiens in Indië en die land se Moslembevolking maak sowat 10% van die wêreld se Moslembevolking uit. Bid vir Mukul se fisieke- en geestesgesondheid, dat sy eie geloof en hoop hernu sal word wanneer hy die Goeie Nuus met ander deel.