Die 12de Julie is Internasionale Dag van Hoop, maar tog ken die meeste mense nie ware hoop nie. FEBA saai al vir dekades lank die evangelie uit in ’n poging om hoop aan diegene te bring wat in afgeleë gebiede en geestelike duisternis leef. Die behoefte is reusagtig en so ook die uitdagings, maar God is groter. Bid dat FEBA se personeel daagliks hernude hoop sal ervaar en dat elke FEBA-luisteraar sy hart sal open vir die evangelie van hoop.