Bid vir FEBA se spanne en luisteraars in die Sahel-streek. Stamkonflik in Soedan het geweld tot op die radiostasie se voorstoep gebring, terwyl jihadiste ’n voortslepende skrikbewind in Mali, Tsjad en Niger voer. Bid vir stabiliteit in die streek en vra vir ontvanklike harte onder FEBA se luisteraars, sodat die evangelie blywende verandering in die Sahel kan bring.