Hoewel mans en vroue baie ervarings deel, is daar sommige uitdagings wat net ander vroue kan verstaan. Dit is waarom die Skrif vroue aanspoor om mekaar te leer (Titus 2:3-5), en dis ook waarom FEBC vroueprogramme uitsaai wat handel oor die unieke ervaring van vroue in families, vriendskappe, die huwelik, moederskap en die werkplek. Programme word deur vroue vervaardig wat in dieselfde gemeenskappe as hul luisteraars woon en daarom begrip het vir hul omstandighede. Bid dat vroue deur FEBC se programme aangemoedig sal word om hul lewens in God se Woord te anker.