Event Details


Op 6 Junie het die Nova Kakhovka-damwal ineengestort. Etlike dorpe is oorstroom en die Zaporizhzhia kernstasie is daardeur in gevaar gestel. Skade aan rioolstelsels en verspoelde begraafplase het mense genoodsaak om te ontruim, omdat dit die gevaar van siektes inhou. Bid vir die veiligheid van FEBA Oekraïne se personeel by die Zaporizhzhia radiostasie.

Bid dat die uitsendings mense na God sal lei en dat hulle dan hul krag en hoop in Hom sal vind.