Event Details


Na drie jaar van oorlog neem twyfel en wanhoop toe in die Oekraïne. Mense is uitgeput, hulle bevraagteken God se bestaan en liefde en wonder of vrede ooit sal kom. Mense se harte is gereed vir die Goeie Nuus en baie kontak FEBA Oekraïne op soek daarna. Bid vir FEBA Oekraïne se span, wat getrou aanhou werk ongeag hul eie vrees en uitputting. Bid dat God die vuur van hulle geloof aan die brand sal hou sodat die lig daarvan verlorenes na Hom toe sal bring.