FEBA se uitsendings vergesel miljoene werkers daagliks op pad werk toe en terug – soms selfs terwyl hulle werk. FEBA-programme leer luisteraars hoe om Bybelse beginsels in die werkplek toe te pas en hoe om beproewings op ’n goddelike wyse te hanteer. Bid dat al die werkers wat na FEBA se programme luister, God se naam deur hul werk sal verheerlik.