Event Details


FEBA ELSEA (Ethnic Languages of Southeast Asia) is ‘n lewende voorbeeld van Handelinge. Meer as 20 spanne van verskillende tale, se personeel reis na afgeleë gebiede om luisteraars te besoek en te bemoedig, vir die siekes te bid en mense van God se Woord te leer. Hulle reis dikwels in die geheim, want sommige is voorheen in hegtenis geneem omdat hulle die evangelie deel. Bid dat God hulle geloof sal versterk om elke hindernis te oorkom en vra dat Hy die saad sal laat groei waar die bediening dit geplant het.