Event Details


In Cuamba, Mosambiek, word vroulike HIV-lyers opgelei om ’n radioprogram te vervaardig waarin HIV-lyers vertel van hul gemeenskappe en families se reaksie op hul diagnose, en getuig hoe FEBA Mosambiek se dissipelskapprogram hulle gehelp het om die situasie te oorkom. Bid dat hierdie radioprogram ander met HIV en VIGS sal vertroos en na Christus toe sal lei.