Tussen politieke onrus en tropiese storms het Mosambiek die afgelope paar maande een ramp na die ander beleef. In die noorde het FEBA se span te kampe met jihadiste, en in Desember is verskeie FEBA-radiostasies deur siklone getref. Nietemin het God FEBA se span en stasies op ’n wonderbaarlike manier beskerm. Boonop begin FEBA Mosambiek se sewende stasie eersdaags uitsaai! Bid dat God FEBA Mosambiek deurlopend sal beskerm, sodat Sy Woord kan aanhou hoop bring aan luisteraars in tye van vrees.