Event Details


Sedert die begin van die Russies-Oekraïnse oorlog het FEBA Moldowa al meer as 70,000 vlugtelinge uit hul buurland, die Oekraïne, gehelp. Hulle deel benodigdhede uit, asook USB-stokkies met inhoud wat FEBA Oekraïne voorberei het om hul mense te bemoedig. Bid dat FEBA Moldowa se ruimhartigheid meer mense na Christus toe sal lei.