Event Details


FEBA Moldowa bied seminare aan waar hulle jong gelowiges as digitale evangeliste oplei. Na een van dié seminare het ’n jong vrou die aanbieder genader en saggies gesê: “Mag ek jou hand skud, Broer Andrei? Ek het Christus deur jou programme leer ken.” Bid dat FEBA se jeugbediening in Moldowa vanjaar in oorvloed vrug sal dra.