Bid vir FEBA ELSEA se Hmong-luisteraars in Laos en Viëtnam, waar hulle Christus met lewensgevaar volg. Honderde gelowiges woon Bybelstudie op Zoom by met FEBA se Hmong-aanbieder, Phairot, en hulle is honger vir die evangelie. Bid dat FEBA ELSEA se luisteraars krag in God se Woord sal vind en ander na Hom toe sal lei.