Event Details


Bid vir FEBA Internasionaal se Gawelyon-projek. FEBA se personeel vervaardig kortgolf-uitsendings in die Gawelyon-Tibettaanse taal vir mense in Tibet, Nepal, Bhoetan en die noorde van Indië. Dié kulture is in Boeddhisme gewortel, wat dit vir mense moeilik maak om tot bekering te kom. In Nepal is dit selfs onwettig om iemand te probeer bekeer! Die Gawelyon-projek se personeel deel ook lektuur uit wat handel oor gesondheidskwessies, asook die Christelike geloof. Bid dat die projek oorvloedige vrug sal dra en dat luisteraars geraak sal word deur die Goeie Nuus wat hulle bring.