Het jy geweet? 4 Januarie is Wêreld Braille-dag! Die Bybel is in braille beskikbaar, maar dis duur en reusagtig groot, wat dit moeilik maak om ‘n hele Bybel saam met jou te dra. FEBA se bediening verbind dekades lank reeds gesiggestremdes met God se Woord, deur radio en oudio-Bybels te gebruik om mense te bereik wat nie ‘n gewone Bybel kan lees of ‘n braille-weergawe kan bekostig nie. Bid dat elke FEBA-uitsending gesiggestremde luisteraars sal seën en hulle nader aan God sal bring.