Event Details


Tot op hede is Indië se anti-bekeringswet reeds in elf state ingestem. Teoreties is die wet veronderstel om mense te beskerm teen bekering deur geweld of bedrog. In praktyk word dit egter gebruik om Christene te teister terwyl hulle kerk bywoon of Bybelstudie hou. Die goeie nuus is egter dat mense in hierdie state steeds na FEBA Indië se uitsendings kan luister. Bid dat die wet aangepas sal word om Christene meer vryheid te gee, en bid dat FEBA Indië se programme luisteraars sal troos en leer totdat hulle weer veilig kerkdienste kan bywoon.