Bid vir luisteraars in Japan. Ten spyte van die land se materiële sukses, staar hulle ernstige samelewingsprobleme in die gesig – van ’n dalende geboortesyfer tot ’n toename in sosiale kluisenaars. Bid dat FEBA Japan se programme mense se harte sal aanraak en ’n dors na God se Woord sal aanwakker.