Om die Goeie Nuus in Afrika te deel bring baie uitdagings. In lande soos Mali, Niger en Soedan het FEBA te kampe met meerderheid-Moslem gemeenskappe, terwyl FEBA Mosambiek tans sukkel met siekte en FEBA Malawi se personeel en luisteraars hard getref word deur vloede en droogte. Nietemin gaan FEBA Afrika se spanne, ten spyte van dié hindernisse, onbeskroomd voort om die evangelie na soveel as moontlik mense te neem. Bid God se seën en beskerming af op FEBA Afrika, sodat Sy Woord die kontinent se onbereiktes kan bereik.