Dinsdag 4 Augustus: FEBA Tsjad se gebedsprogram ontvang baie gebedsversoeke vir gesinskonflik, soos hierdie een: “Ek wil hê julle moet vir my pa en ma bid. Daar is iets fout tussen hulle en Pa wil nie Ma se kos eet nie.” Bid dat God FEBA Tsjad se uitsendings sal gebruik om verhoudings te genees, sodat kinders die veiligheid van ’n vreedsame huis kan ken.