Event Details


Mensehandel is een van die grootste euwels op aarde. Daar is op enige gegewe tydstip ‘n geraamde 27 miljoen slagoffers ter wêreld. Mensehandelaars teiken mense wat kwesbaar is weens armoede of ’n gebrek aan kennis. FEBA beveg mensehandel deur mense in te lig deur middel van hul programme en bewusmakingsveldtogte. Die kinderhandel in Indonesiese dorpies het afgeneem, en in Indië is ’n FEBA-luisteraar gered nadat sy as prostituut verkoop is! Bid dat God FEBA sal gebruik om mensehandel te bekamp en meer slagoffers te red.