Event Details


Alhoewel Malawi grootliks verdraagsaam is teenoor die Christendom, word gelowiges straf vervolg in sekere gebiede waar Islam die oorheersende godsdiens is. FEBA-luisteraars word geslaan, uit hul dorpe verjaag, en moet soms toekyk hoe hulle wonings vernietig word. Die land ly ook weens erge voedseltekorte. Ten spyte van die swaarkry voer FEBA Malawi die Groot Opdrag getrou uit deur na afgeleë gebiede te reis om gelowiges te bemoedig en te voorsien van radio’s, oudio-Bybels, Bybels en soms kos. Bid vir FEBA Malawi se bediening aan vervolgde luisteraars en honger siele.