“En net soos dit bestem is vir mense om slegs een maal te sterf, en daarna kom die oordeel, so sal Christus, nadat Hy eenmalig geoffer is om die sondes van baie te dra, ‘n tweede maal verskyn aan hulle wat Hom verwag, nie weens sonde nie, maar om hulle te verlos” (Hebreërs 9:27-28 Afr20). Christus het opgestaan en sal terugkeer! Bid vir FEBA se personeel en luisteraars wat vervolg word, wat bang of eensaam of verwerp voel, dat hul hoop hernu sal word deur dieselfde krag wat Christus uit die dood opgewek het.