FEBA Mosambiek se bediening dra oorvloedige vrug. In Julie, toe die span rondgereis en regstreekse uitsendings vanuit dorpies in die Niassa-provinsie gedoen het, was harte oral ontvanklik. Drie gewapende rowers het met kwade bedoelings by ‘n geleentheid opgedaag, die Goeie Nuus gehoor en tot bekering gekom! Kinders wat in armoede en wanhoop verlore gevoel het, het FEBA se boodskap op ‘n ou radio gehoor en by die jeugdissipelskapprogram aangesluit, wat die evangelie deur radiodramas deel. Bid dat elke honger hart in Mosambiek die Brood van die Lewe deur FEBA se uitsendings sal ontvang.