FEBA Kambodja het onlangs luistertoestelle vol evangeliese inhoud uitgedeel aan 250 soldate naby aan die Kambodja-Thailand grens. Later het een soldaat gesê: “Voorheen het ek min van Jesus geweet, maar nou kan ek Sy Woord hoor. Deur hierdie luistertoestel het ek al na baie bemoedigende boodskappe vol van God se liefde geluister.” Bid dat hierdie soldate hul geloof in Christus sal plaas.