Event Details


Bid vir die FEBA-span in Tsjad waar hulle nou weer voltyds begin uitsaai. Armoede, geweld en voedseltekorte is algemeen in die land en die mense benodig hoop. Bid dat die saad van FEBA Tsjad se uitsendings op vrugbare aarde sal val en dat God se Woord diegene wat dit hoor, se lewens sal omskep.