Event Details


Die 6de Junie is Russiese Taaldag. FEBC saai al sedert die vroeë 1950s Russiese programme uit en het luisteraars in die eertydse Sowjet-Unie bereik, waar Christenskap verbode was. Vandag skakel selfs Russies-sprekende luisteraars van Europa en die Midde-Ooste in op FEBC se uitsendings. Die FEBC Rusland-span word voortdurend dopgehou en ontvang dreigemente en boetes as gevolg van hul werk, maar hulle bly vasbeslote om die evangelie met hul mense te deel. Bid vir God se beskerming en leiding vir FEBC Rusland, en vir oop harte onder hul luisteraars.