Event Details


FEBA Mosambiek bou al hul sewende stasie! Sowat 40% van volwassenes in Mosambiek is ongeletterd, so radio is ’n ideale medium om hulle met die Goeie Nuus te bereik. Die FEBA Mosambiek-span besoek gereeld afgeleë dorpies om luisteraars te ontmoet, radio’s en ander sendingmateriaal uit te deel, en luisteraarklubs te stig. Hulle het baie uitdagings, veral in die noorde, waar die konflik tussen jihadiste en veiligheidsmagte vererger. Prys God vir Sy voorsiening van ‘n sewende stasie en bid Sy seën en beskerming af op FEBA Mosambiek en hul luisteraars.