Event Details


Bid vir FEBA Malawi. Die span werk hard om die Waarheid van Christus onder Yao-luisteraars te versprei. Hulle reis wyd en syd om mense te besoek, Bybels uit te deel en luisteraarklubs te stig. Bid vir die span se veiligheid en dat God alles sal voorsien wat hulle benodig om effektief te bedien.