Nadat shehe (sjeik) Abude, ’n Moslem-geleerde, skielik sy sig verloor het, het hy verlore gevoel. Toe hoor hy die evangelie deur FEBA Mosambiek se Zambezi FM en gee sy hart vir Jesus. Vandag moedig hy ander gestremdes aan om dieselfde te doen. Hy sê: “Ek is wedergebore. Nou glo ek dat God na my omsien.” Bid dat die Here mnr Abude se getuienis kragtig sal gebruik.