FEBA Rusland se Bybelprogram kry toenemend terugvoer soos mense smag na lig in ’n wêreld wat al donkerder word. Bid vir die jong mans wat opgeroep word en teen hulle sin oorlog toe gestuur word, asook vir die gesinne wat agterbly. Vra dat hulle en ander luisteraars die Lig in God se Woord sal vind.