Event Details


Bid vir FEBA se bediening aan Moslembevolkings in Kirgisië, Kazakstan, Turkmenistan, Oesbekistan en Tadjikistan. Dié lande is tradisioneel en oorwegend Islamities, so daar is erge teenstand teen die evangelie, en diegene wat hulle na Christus keer, staar verwerping en mishandeling in die gesig deur hul families en gemeenskappe. Tog is baie op soek na die ware God. Bid dat God Sy kinders se geloof sal versterk gedurende moeilike tye en dat FEBA se uitsendings elke luisteraar tot ’n dieper begrip van God se Woord sal lei.