“Lei my na ’n rots wat vir my te hoog is; want U is vir my ‘n skuilplek, ‘n versterkte toring teen die vyand” (Psalm 61:3-4 Afr20). Dank die Here vir Sy beskerming van FEBA Mosambiek se personeel en stasie gedurende die konflik in Cabo Delgado tot nou toe, en vir die soldate wat tot dusver tot bekering gekom het. Bid vir Sy voortdurende guns.