Bid vir FEBA Mosambiek se jeugbediening onder die Yao- en Makhuwa-stamme, wat hoofsaaklik Moslem is. Die span verkondig die evangelie deur middel van radiodramas, leefstylprogramme vir tieners, en maak ook gebruik van buite-uitsending. Bid vir God se leiding by die vervaardiging van programme, vir ontvanklike harte onder jong Moslem-luisteraars, en vir blywende vrug op FEBA Mosambiek se arbeid.