Event Details


Bid vir dr Victor Akhterov, FEBC Eurasië se direkteur. Hy lei uiteenlopende spanne in die verkondiging van die evangelie – van oorloggeteisterde Oekraïne en Rusland, tot vyandige lande in Sentraal-Asië. Bid vir God se seën op sy gesondheid en sy gesin, en bid dat hy sensitief sal bly vir God se leiding in elke besluit wat hy neem.